1. Vanwaar, Gehasi?
Die nuwe-generasie gespierde Ranger Raptor spruit voort uit die volgende-generasie Ranger wat in Desember 2022 op die mark verskyn het. Maar hierdie Raptor gaan selfs hardebaarde se mond laat water met slimmer tegnologie wat taaier, volgende-generasie hardeware hanteer.
Brute krag, saamgesnoer met meganiese en tegniese presisie maak die Raptor die mees gevorderde Ranger tot nou toe.
2. Maar kan dit berge klim?
Ford Performance, wat die Raptor onder hande geneem het, het nie gespeel met boublokkies nie. Geen woestyn of berg, en enigiets tussenin, gaan dié Raptor keer nie. Ford het die bestaande hoë standaard nog verder gevoer deur ’n voertuig te lewer wat aansienlik kragtiger en vinniger is, ’n taaier-as-ooit-vantevore-voertuig wat nog moeiliker terrein kan baasraak. Ja, die Raptor se meer aggressiewe voorkoms is pas ook by die voertuig se vermoëns.
3. Alla kragtie!
Die vorige Ranger Raptor het reeds die koppe laat draai met sy kraglewering van 157kW. Nou moet jy nog stewiger vasgordel, want die rowwe rakker beskik oor ’n nuwe 3.0-liter EcoBoost V6 petrolenjin met ‘n dubbelturbo-aanjaer. Dit lewer ’n allemintige 292kW se krag en 583Nm se wringkrag.
Die grafiet-yster silinderblok is ongeveer 75% sterker en 75% fermer as die yster wat in tradisionele blokke gebruik word. Dit sorg dat die enjin onmiddellike respons lewer wanneer die versneller ingetrap word. Daar is geen sleur as jy byvoorbeeld na ’n draai weer spoed wil optel nie.
4. Gaan jy rondbons of seepglad beweeg?
Die volgende-generasie FOX 2.5-inch Live Valve Internal Bypass-skokbrekers is die mees-gesofistikeerde wat tot nou toe op die Raptor ingespan is. Dit is gevul met Teflon™-behandelde olie wat wrywing met sowat 50% verminder. As gevolg van hierdie tegnologie pas die veringstelsel in werklike tyd aan by die ry-omstandighede en sorg dit vir maksimum-beheer op pad sowel as op sinkplaatpaaie of grondpaaie met diep slote.
5. Van die pad af
Die nuwe Raptor beskik oor ’n gevorderde permanente vierwielaangedrewe stelsel. Daar is sewe verskillende ry-verstellings wat die Baja-verstelling insluit vir uiterste hoë-spoed op grondpaaie.
6. Grafika en kleure help jou uit
Afhangende van watter ratverstelling jy gekies het, sal die grafika en kleurskema op die digitale skerms ooreenkomstig aanpas.
Op die pad
Normaal – ontwerp vir gerief, brandstofdoeltreffendheid en bestuursgerief
Sport – meer reaktief vir daardie ekstra gees op die pad
Glad – vir meer gerusstellende beheer op gladde of ongelyke oppervlakke
Van die pad af
Rotse – lewer optimale greep en momentum op los oppervlakke
Sand – vir gebruik in sagte sand en sneeutoestande, lewer optimale krag en ratverwisseling
Modder – vir maksimum greep en om voertuig-momentum te behou
Baja – vir hoë-spoed kraglewering van die pad af, reg vir die maksimum impak
7. Ontwerp-wenners
Elke element is daar vir ’n rede. Matrix LED-kopligte met LED-dagligte maak vir die eerste keer hul verskyning op die volgende-generasie Ranger Raptor. Dit het ook dinamiese ligte wat buig om te help met sig waar daar draaie in die pad is.
Die nuwe kleur is die aandagtrekker Code Orange. Dit, en die duidelik-herkenbare Conquer Grey, is eksklusief vir hierdie nuwe Raptor bedoel. Ander kleure-opsies is Arctic White, Absolute Black, Blue Lightning, Aluminium Metallic, Meteor Grey en Sedona Orange.
In die bestuurskajuit wag daar ook hope verrassings. Daar is oranje-aksente op die instrumentepaneel, sitplekke en afronding. Verder is die sportiewe voor- en agtersitplekke deur vegvliegtuie geïnspireer. Dit is nie net baie gerieflik nie, maar bied ook goeie ondersteuning tydens hoë-spoed draaie.
Die kajuit is ten volle digitaal en spog met Ford se nuwe-generasie SYNC® 4A-raakskerm wat boonop ’n uitstekende 360-grade-kamerastelsel bevat wat met kameras rondom die voertuig verbind is.
8. Wie bestuur?
Is jy gek oor rowwe paaie, maar versigtig om self daar te ry? Die Ranger Raptor sorteer dié probleem baie gou uit.
Dit kom met Ford se Trail Control™ – soortgelyk aan spoedbeheer op pad, maar hierdie is baie spesifiek vir rowwe terrein. Die bestuurder stel die spoed op minder as 32 km/h en die Raptor sal dan namens jou versnel en rem terwyl jy die stuurwerk doen.
9. Deel van die familie
Die wortels van die Raptor-naam stem van Noord-Amerika waar Ford-ingenieurs dit gebruik het op hoë-werkverrigting bakkies. Dit het met die eerste-generasie F-150 SVT Raptor in 2010 afgeskop.
In 2018 het ’n nuwe lid uit die Ford Performance-stal internasionaal sy merk gemaak as die eerste Ranger Raptor. In 2019 het dit in Suid-Afrika beland as ’n plaaslik-vervaardigde model by Ford se Silverton-aanleg in Pretoria.
10. Wenner, wenner, wenner!
In November 2022 het ’n volgende-generasie Ranger Raptor, alhoewel ren-gereed gemaak maar andersins standaard en padwaardig, die SCORE-International Baja 1000 in Mexiko voltooi. Dit is een van die wêreld se taaiste en glorierykste renne.
Die Raptor het die 1 000 myl (1 600km) voltooi en met die louere in die standaard-voertuigkategorie weggeloop. Die voertuig was byna ongeskonde na afloop van die ren en die Ford Performance-span het sommer van daar daarmee terug na die basis gery.
Die Ford Ranger is ook in 2023 as Suid-Afrika se Motor van die Jaar aangewys.
Prys
Die Ranger Raptor 3.0L V6 EcoBoost 4WD 10AT verhandel plaaslik teen R1 184 100. Ingesluit daarby is ’n 4-jaar/120 000km waarborg, 4-jaar/onbeperkte afstand padbystand en 5-jaar/onbeperkte afstand roeswaarborg. Die aanbevole dienstydperk is 15 000 km of jaarliks, wat ookal eerste plaasvind.
Kopers kan ook ’n Ford Protect-diens of onderhoudsplanne koop vir 8 jaar of 165 000 km. Die waarborg kan vir sewe jaar of 200 000 km verleng word terwyl die padbystand vir ’n bykomende twee jaar verleng kan word.
Lees meerMet die vorige geslag Everest, het Ford reeds gewys dat dié sportnuts daartoe in staat is om die gewilde Toyota Fortuner opdraande te gee. Maar in sy jongste gedaante, is die Everest uiteindelik op die kruin van sy segment, van waar dit neerkyk op sy mededingers.
Moenie verkeerd verstaan nie, want die Fortuner (wat onlangs ’n klein bietjie opgekikker is) is steeds ’n baie goeie en bevoegde ryding, maar dit is net nie meer die beste nie.
Om die waarheid te sê, is die veranderinge aan die nuwe geslag Everest so drasties, dat dit eintlik nou in ’n hoër klas teen modelle soos die Toyota Prado en Land Rover Discovery hoort.
Die sewesitplek Everest met sy mooi hoekige voorkoms is in alle opsigte beter as tevore, en die intreevlak XLT-weergawe wat ek toetsbestuur het, is allermins, uhm “intreevlak”…
Met ’n sterk en aggressiewe ontwerp, wat herinner aan Ford se F150 Amerikaanse bakkies, is dit werklik ’n mooi voertuig en sal dit waarskynlik talle mense se droomkar wees. Veral die blink sierrooster en die LED-ligte wat in ’n C-vorm op die hoeke van die hoofligte sit, trek die aandag.
Binnelangs is die Everest groot, ruim en baie luuks, terwyl die bougehalte puik is met goeie materiale. Daar is baie beenruimte en selfs sonder die platgeslaande sitplekke is die Everest se laairuim nogal groot.
Daar is ’n groot digitale vertoonskerm voor in die middel van die kajuit, waarmee jy talle van die Everest se funksies beheer en anders as talle ander soortgelyke stelsels raak ’n mens dit nogal maklik baas. Gelukkig is alledaagse funksies soos die lugver¬sorger en 4×4- en ritmodusver¬stellings steeds met fisieke knoppe verstelbaar. Daar is ook ’n hele klomp kragpunte in die Everest, wat USB-sokke vir almal se selfone plus ’n 220 V-sok vir ’n skootrekenaar en twee 12 V-sokke agterlangs vir ’n ys-vrieskas.
Verder spog die voertuig met elke liewe gemakstoerusting en ander nutsfunksies, waaraan jy kan dink. Daar is ook ’n lang lys veiligheidshulpmiddels.
Die XLT word deur Ford se uitmuntende 2,0-liter-biturbodiesel (154 kW, 500 Nm) gekoppel aan ’n seepgladde tienspoed-outomatiese ratkas en die die 4×4-weergawe het natuurlik permanente vierwielaandrywingstelsel en ’n ewenaarslot.
Al die Everest se indrukwekkende eienskappe dra tot ’n goed afgeronde pakket by.
Eintlik moet die nuwe Everest nie as ’n plaasvervanger vir sy voorganger gesien word nie, maar as ’n splinternuwe modelreeks in die Ford-stal. Dit is ’n baie indrukwekkende voertuig, en daar is geen twyfel dat Ford nuwe hoogtes Daarmee gaan bereik nie.
Prys – Ford Everest XLT 4×4: R913 400
Lees meer
Daar is wêreldwyd ’n elektriese motorevolusie aan die gang en talle vervaardigers is besig om hul bestaande modelreekse met battery-aangedrewe weergawes aan te vul of selfs te vervang. En dié oorgang na elektriese voertuie (EV’s) gebeur vinniger as wat mens dink . . .
Ongelukkig, weens Suid-Afrika se Eskom-penarie, is ons as land ongelukkig nie naastenby gerat vir batterymotors al nie. Dit is egter deel van ’n aparte debat (wat daagliks gevoer word). Stadig, maar seker, begin EV’s wel hul weg na Suid-Afrika vind.
Tans is dit meer die luukse vervaardigers wat dié tipe modelle hierheen bring en Volvo is een van die vervaardigers wat die pas aangee. Ja, dié Sweedse vervaardiger het reeds groot belegging in die ontwikkeling van EV’s gemaak en het ’n waagmoedige strategie in plek gestel om teen 2030 net e-voertuie te vervaardig.
Daar is geen twyfel dat Volvo se EV’s van die beste is wat geld kan koop nie – en een van Volvo se belangrikste elektriese ambassadeurs is die XC40 Recharge. Dit is basies die elektriese weergawe van die gewilde XC40, Volvo se kleinste sportnuts wat sedert 2017 op die mark is.
Ongeag die feit dat die XC40 al vir ses jaar in ons midde is, lyk dit steeds modern en funky.
Alhoewel die inprop-XC40 die oog af nes die brandstof-aangedrewe modelle lyk, is die enigste groot ontwerpverskil die soliede sierrooster sonder gleuwe. Binnelangs lyk die pragtige kajuit en uitleg ook presies dieselfde – ’n toonbeeld van styl en ongelooflike vakmanskap.
Volvo span ook Google se programmatuur in vir die motor se rekenaar- en multimediastelsels.
Daar is beslis nie ’n tekort aan tegnologiese en luukse kenmerke nie. Só is daar byvoorbeeld ’n koordlose-herlaaifunksie, ’n indrukwekkende vertikale raakskerm waar jy talle van die XC40 se funksies beheer en parkeerhulpmiddels.
’n Opmerklike afwesigheid in die kajuit is dat daar geen aansitknop is nie. Glo dit of nie, maar die bestuurder hoef bloot net die rathefboom in “D” of “R” te druk en die voertuig begin ry. Wanneer jy parkeer (na jy eers natuurlik “P” kies!) klim jy net uit en sluit die motor.
Dit klink vreemder as wat dit in die praktyk is, en dis iets waaraan jy gou gewoond raak. Die XC40 Recharge beskik oor ’n kragtige elektriese enjin wat vinnige versnelling en soomlose kraglewering bied.
Ons toetsmodel was die P8-model, maar Volvo bied ook ’n goedkoper XC40 Recharge-model, die P6.
Die P8 het twee elektriese motors, waarvan een op die vooras en die ander een op die agteras is. Dit beteken dié model het permanente 4×4-aandrywing. Daarenteen het die P6 net een op die voorste as en is dus net voorwielaangedrewe.
Kraglewering vir die P8 is ’n allemintige 300 kW en 660 Nm wringkrag. Dis onmiddellik tot jou beskikking, wat beteken die versnelling slaan jou asem weg. Die e-XC40 sal 0-100 km/h in ’n blitsige 4,9 sekondes kafdraf.
Onthou EV’s het nie ’n tradisionele ratkas nie maar bloot net een rat. Dit beteken die voertuig skiet vorentoe wanneer jy die versneller trap. Daarenteen moet die toere eers opgejaag en momentum opgebou word by ’n motor met ’n binnebrandenjin.
In die geheel is die hantering indrukwekkend en voel dit baie stabiel op die pad.
Volgens Volvo behoort die XC40 Recharge (in P8-gedaante) met sy litium-battery tot 418 km te kan aflê, maar realisties is dit eerder rondom 300 km want faktore soos spoed, jou roete en verkeersomstandighede kan dit beïnvloed. Boonop is daar nog nie herlaaistasies om elke hoek en draai in Suid-Afrika nie. Jy moet dikwels vooraf fyn beplan hoe ver jy gaan ry.
As jy ’n XC40 Recharge aanskaf, sluit die prys ’n spesiale muurkas in sodat jy dit vinniger by die huis herlaai as wat ’n gewone muursok sou doen. Laasgenoemde sal agt tot 12 ure neem om jou ryding te herlaai.
In die geheel is die XC40 Recharge ’n sterk aanspraakmaker op een van die beste EV’s wat jy tans in Suid-Afrika kan koop. Die hartseer deel is dat dit ongelukkig ’n voertuig is wat min aftrek sal kry, veral oor die huiwering wat Suid-Afrikaners het om geld op ’n EV te spandeer.
Dit is nie net vanweë probleme met die land se kragnetwerk nie, maar ook daar is nog geen daadwerklike pogings van die regering se kant om met ’n plan vorendag te kom om EV’s as rygoed van keuse te bevorder nie.
Pryse vir XC40 Recharge begin by R1 075 000.
Lees meerWêreldwyd word die produksie en verkoop van elektriese voertuie verskerp en talle motorvervaardigers is reeds besig om hul modelreekse met inprop-rygoed te herlaai.
Veral die Sweedse motorreus Volvo is op spoed om sy motors te elektrifiseer met planne vir talle groenvoertuie en teen 2030 beoog hulle om net elektriese voertuie te bou.
Volvo het so pas die C40 Recharge plaaslik bekendgestel. Dit is ’n treffende sportnuts met ’n koepee-agtige ontwerp.
Dié vyf-sitplek nuweling is die heel eerste Volvo wat as suiwer elektries en met omgewingsvriendelike doelwitte ontwerp is.
Hier is ’n paar interessante feite oor die Volvo C40 Recharge:
Dit skep dus derduisende werksgeleenthede en wys vir die res van die wêreld dat ons land oor die vermoë beskik om ’n luukse, hoë-gehalte motor te bou, wat net sowel in Duitsland vervaardig kon wees.
Die nuwe C-klas het ’n meer hoekige ontwerp as sy voorganger en dit is met die eerste opslag duidelik dat dit KLAS uitstraal. Met Mercedes se nuwe ontwerpe raak dit wel bietjie moeiliker om die C-klas van sy groter boeties, die E- en S-klasse te onderskei – amper al wat verskil is dat die C-klas kleiner is. En nie dat die C-klas beknop is nie! Allermins… Binne is daar bietjie meer ruimte vir alle passasier as voorheen, terwyl die bagasieruim ook gegroei het.
Die afwerkings binne is deftig, terwyl ʼn indrukwekkende skerm, elegante paneelbord met digitale instrumente ook jou asem wegslaan. Daar is ’n baie lang lys luukse kenmerke en tegno-truuks.
Ten opsigte van die C-klas se veiligheid is daar onder meer ses lugsakke, sluitweerremme met elektroniese remkragverspreiding, vastrap en stabiliteitsbeheer, baanhulp met blindekolwaarskuwing en botsingwaarskuwing noodremhulp.
Die geheime bestanddeel van die C220d is Mercedes se jongste turbodiesel van 2,0-liter, wat ’n nuttige 147 kW se krag en 440 Nm wringkrag losdraai. Die enjin loop seepglad saam met die negegang- outomatiese ratkas.
Klankdemping is ongelooflik goed, terwyl die C220d ook teen hoë snelhede doodstil is en dit voel of jy oor die pad sweef.
Die ander hoogtepunt is die indrukwekkende brandstofverbruik! Teen langpadsnelhede het dit ‘n puik 5 liter gehandhaaf, of laer wanneer jy stadiger ry. As die tenk vol is, wys die ritmeter jy het ’n reikafstand van sowat 1 400 km! Indrukwekkend nè?
Dit is nie meer nuus dat die vraag na sedanmotors ten gunste van sportnutse kwyn nie, wat beteken dat die C-klas se gewildheid sonder twyfel ook taan. Soos die C-klas oor die jare vernuwe het, het sy prysetiket ook opgeskuif, wat beteken die C-klas is nou meer as ooit ‘n statussimbool. En as jy dit kan bekostig, sal jy jouself kan verskoon as jy daaraan dink as ‘n “mini” S-klas! Mercedes verdien vyf sterre vir wat hulle met die nuwe C-klas vermag het!
Pryse vir die C220d begin by R 1,068,550
Daar is deesdae ‘n sarsie sportnutse, wat ’n meer sportiewe flair en ‘n sexy voorkoms het . In der waarheid is ‘n meer akkurate beskrywing vir dié nis-rygoed dat dit ’n eintlik net ‘n luikrug is wat ’n goeie dosis steroïede ingejaag is. Met ander woorde hulle lyk frisser en sit bietjie hoër op die pad as ‘n standaard luikrug. Maar dit is nie kritiek nie, want die tipe sportnutse laat nogal die koppe draai en het ‘n sportiewe gevoel.
Een van dié kandidate, wat ons onlangs toetsbestuur het, is Hyundai se Kona (die die 1,6 TGDI N-Line DGT-model) en dit is ’n direkte mededinger vir die Volkswagen T-Roc en Audi Q2.
Die Kona het oorspronklik in 2019 sy verskyning plaaslik gemaak, en ‘n nuwe generasie is in 2021 bekend gestel. Dit is ook een van Hyundai se ses sportnutse wat plaaslike te koop is – die ander modelle is die Venue, Creta, Tucson, Santa Fé en Palisade. Maar anders as sy sibbe, is die Kona nie noodwendig op families, wat ‘n alledaagse, praktiese voertuig soek, gemik nie.
Die Kona is eerder daardie familielid wat ‘n stralejakker-lewe volg en pragtige foto’s daarvan op Instagram deel. Dit het ’n windmaker voorkoms en sal waarskynlik meer aanklank vind by jonger, dinamiese mense.
‘n Ander groot pluspunt is die Kona se binneruim, wat gehalte afwerking het en ook met ’n klomp luukshede spog. Omdat die Kona nie juis op families gemik is nie, is die bagasieruim nie van die grootstes nie.
Die binneruim is gemaklik en van die kenmerke sluit in ’n goeie klankstelsel, klimaat- en spoedbeheer Apple CarPlay en Android Auto, ʼn draadlose laaimatjie vir jou selfoon ,outomatiese ligte en ruitveërs en leersitplekke.
Hyundai het ook gesorg dat die Konka ’n hoë veiligheidspesifikasievlak het buiten die gewone pakket van lugsakke en ABS-remme het dit ook allerhande moderne hulpmiddels soos aanpasbare spoedkontrole, baanhulp, kruisverkeerswaarskuwing en blindekolwaarskuwingstelsel. ’n Ander indrukwekkende kenmerk is slim-kinderslotte op die agterdeure, wat sal keer dat iemand die deur oopmaak as daar daar verkeer van agter kom.
Onder ons toetsmodel se enjinkap was ’n turboaangejaagde 1,6 viersilinder-petrolenjin. En die woema wat dié enjin bied, pas py die Kona se windtie-voorkoms! Dit bult omtrent sy spiere en kraglewering is 146 kW en 265 Nm-wringkrag, wat die Kona in staat stel om 0-100 km/h in 7,7 sekondes kaf te draf.
Op die pad stel die Kona glad nie teleur nie en is ritgehalte goed, terwyl dit blitsig voel sonder om onverantwoordelik oor te kom.
Hyundai is een van die mees betroubare vervaardigers in Suid-Afrika en hul modelle se gewildheid ken geen keer nie. As jy in die mark is vir ‘n goeie, maar byderwetse, voertuig wat nie verdwyn tussen die massas nie, behoort die Kona op jou inkopielys te wees.
Pryse vir die Kona begin by R464 500.
– Wilmer Müller & Herman Lensing
Lees meer
Oui, madame! Die legendariese Franse motorvervaardiger Citroën het ná bykans twee jaar se afwesigheid besluit om weer sake in Suid-Afrika te doen. Een van die modelle waarmee Citroën hoop om die aandag te trek is die byderwetse C5 Aircross- sportnutsvoertuig. Nie net lyk dit byderwets nie, maar veral binnelangs is dit baie sjiek met gehalte-afwerking. Ander aantreklike kenmerke sluit in ’n groot bagasieruim, ’n wakker en brandstofdoeltreffende turbo-enjin en talle luukse fieterjasies. Sonder twyfel gee die C5 Aircross flair aan sy segment, waar dit meeding met die Nissan Qashqai en Toyota CH-R.
Pryse begin by R474 900.
Ford se Mustang is ’n perd van ’n ander kleur as dit by sportmotors kom! Dis ook nie een wat jy elke dag opsaal nie, want dit kan wild raak . . . Die Mustang geniet immers ikoonstatus onder motorentoesiaste omdat dit’n volbloed Amerikaanse hings is.
Verlede jaar het Ford die Mustang, wat in 2016 vir die eerste keer in Suid-Afrika bekend gestel is, opgekikker, en dit spog nou met ’n nóg aggressiewer voorkoms terwyl die binneruim ook opgeknap is. Boonop het hy ekstra perdekrag gekry en die 5.0-liter-V8-weergawe wat SARIE KOS bestuur het, skop 331 kW se krag en 529 Nm se wringkrag uit
Die grootste verandering is ’n nuwe tienspoed- outomatiese ratkas met gladde ratwisseling, wat maak dat die Mustang ’n droom is om te bestuur. Veiligheid is ook verbeter.
Lees meerKos is meestal nie afgerond sonder sout en peper nie en dit smaak nog beter as dit vars gemaal is. Ons is gaande oor Le Creuset se sout- en pepermeul in kusblou. Dis gemaak van keramiek sodat dit nie mettertyd verweer of roes nie, perfek vir elke dag se gebruik. Vanaf R549 per meul (20,5 cm) by Le Creuset-winkels
Lees meerKia is lankal ’n gedugte mededinger in die plaaslike motormark en veral die sportnutse van dié Koreaanse vervaardiger beïndruk. Die nuutste toevoeging in Kia se sportnuts-arsenaal is die Seltos. Dit skuif onder die gewilde Sportage in en moet sy man staan teen
mededingers soos die Hyundai Creta, Suzuki Vitara en Nissan Qashqai.
Daar is drie enjinopsies, waarvan twee petrol en een diesel is, en ons het die topmodel, die op en wakker 1.4-liter-turbopetrol GT Line, toetsbestuur. In die GT Line-gedaante spog dit met ’n sewegang- outomatiese ratkas, wat help om ’n soepel rit te verseker. Die Seltos se voorkoms trek aandag en dit is redelik luuks. Kopers sal ook beïndruk wees met hoe ruim die Seltos is en veral die bagasieruim is lekker groot en toeganklik.
Lees meerIn Herman se vierde kookboek, Dit proe soos huis, waarvan daar ’n gelyknamige reeks op die gewilde Afrikaanse TV-kanaal VIA was, eer Herman Lensing sy ma Susan, wat skielik in Januarie 2019 in Upington oorlede is. (Herman se pa Harry woon steeds in Upington.)
Herman neem lesers in Dit proe soos huis op ’n kosreis – van sy grootwordjare in Upington waar sy passie vir kos ontvlam het, tot Hartenbos se jaarlikse kampritueel (met hope padkos) en eindig rondom sy eie Kaapse kombuistafel waar hy sy ma ’n resepkinkel of twee kon leer.
Volgens Herman het Susan Lensing almal gevoer wat kom kuier of net aan die deur geklop het. Meer nog, sy het vir hulle padkos vir die siel gebied. Haar leuse was: “My kind, kos is nie kwaad nie. Nooit nie. Kos vergewe en bring mense saam. As ons net aanhou kook, sal ons die wêreld een bord op ’n slag mooier maak.”
Dié pragfotoboek vol onthou¬resepte is ’n kosverhaal wat dít wat is, verbind met dít wat was.
Lees meer