Kia is lankal ’n gedugte mededinger in die plaaslike motormark en veral die sportnutse van dié Koreaanse vervaardiger beïndruk. Die nuutste toevoeging in Kia se sportnuts-arsenaal is die Seltos. Dit skuif onder die gewilde Sportage in en moet sy man staan teen
mededingers soos die Hyundai Creta, Suzuki Vitara en Nissan Qashqai.
Daar is drie enjinopsies, waarvan twee petrol en een diesel is, en ons het die topmodel, die op en wakker 1.4-liter-turbopetrol GT Line, toetsbestuur. In die GT Line-gedaante spog dit met ’n sewegang- outomatiese ratkas, wat help om ’n soepel rit te verseker. Die Seltos se voorkoms trek aandag en dit is redelik luuks. Kopers sal ook beïndruk wees met hoe ruim die Seltos is en veral die bagasieruim is lekker groot en toeganklik.
Pryse begin by R391 995.