Foto: Donna Lewis
Ek is mal oor ystervarkies en kan nou nog dié proe wat op ons kerkbasaar verkoop is. Hier gee ek ’n kortpadresep met Ina Paarman se sjokoladekoekmengsel wat by goeie supermarkte te kry is. Noem dié ystervarkies sommer "death by chocolate"!
Genoeg vir 20
1 x 650 g-boks Ina Paarman-sjokolade koekmengsel
60 ml kakao
375 ml water
600g (750 ml) suiker
15 ml botter
5 ml vanieljegeursel
droë klapper om die koekies in te rol en vir opdiening
Verhit die oond tot 180 °C. Maak die mengsel volgens die aanwysings op die boks aan. Voer ’n 30 x 20 cm- pan met bakpapier uit en spuit dit goed met kleefwer- ende kossproei. Gooi die beslag in die pan en smeer dit gelyk. Bak 40 minute of tot goudbruin en gaar – toets met ’n metaalpen of houtkebabstokkie – en laat afkoel.
Gooi die res van die bestanddele behalwe die klapper in ’n pot en bring dit tot kookpunt. Kook 3 minute. Sny die afgekoelde koek in 3 cm-blokkies. Doop een op ’n slag vir 30 sekondes in die warm stroop en rol dit dan in klapper. Laat afkoel en sit voor.