Foto: Donna Lewis
As jy al ooit in Amsterdam was, sal jy weet dat warm sjokolade met slagroom die geheim is om die koue Europese winter te oorleef! Maak dié een om seker te maak jy gaan slaap warm!
Genoeg vir 6 persone
500 ml melk
1 x 360 g-blik karamelkondensmelk
sjokolade, fyngekap
125 ml room, tot sagte punte
200 g goeiegehalte- donker
1 x 100 g-plak melksjokolade, fyngekap geklits
Plaas die melk in ’n middelslagpot en bring tot kookpunt. Verwyder van die hitte en gooi die sjokolade by. Roer tot ’n gladde mengsel. Skep lepels vol van die karamelkondensmelk onder in koppies of glase. Verdeel die geklitste room tussen die koppies en gooi warm sjokolade daaroor. Sit dadelik voor.
WENK: As jy hou van iets met meer skop of geur, kan jy so twee skeutjies brandewyn byvoeg. Ek hou daarvan om so ’n klein bietjie fyn kaneel oor te sif voor ek dit voorsit.