Warm calamarislaai

Foto: Donna Lewis


Daar is min dinge wat so lekker is soos baba-calamari wat perfek gebraai is en heerlik voorgesit word. Ek het dié slaai leer maak by ’n Portugese vriendin wat saam my gestudeer het. Sy kon met min bestanddele eenvoudige disse voorsit wat jou mond behoorlik laat water. By haar het ek geleer dat minder bestanddele beter is as ’n pot vol alles en nog wat.

Genoeg vir 6

400 g baba- calamari-tentakels en-buise
45 ml olyfolie
225 g chorizo-wors, in ringe gesny
2 knoffelhuisies, fyngekap
2 brandrissies, baie fyn gekap
30 ml gerookte paprika
2 x 410 g-blikke kekerertjies (chickpeas), gedreineer
1 hand vol Italiaanse pietersielie, fyngekap
sout en varsgemaalde swartpeper

Gebruik ’n skerp mes en sny die calamari-buise in klein- er ringe (ek het elke buis in drie gesny). Verwarm die olyfolie in ’n groot braaipan. Voeg die wors en knoffel by en roerbraai 5 minute. Voeg die calamari by en roer- braai nog sowat 8 minute. Voeg die brandrissies, papri- ka en kekerertjies by en braai nog sowat 5 minute. Voeg die pietersielie by en meng deur. Verwyder van die hitte en geur goed met sout en peper. Sit warm voor met tuisgebakte brood en suurlemoenskywe.