Foto: Donna Lewis
Geen somer is volmaak sonder suikersoet waatlemoen met roomsagte feta nie. Probeer die vinaigrette; dit gee die slaai nuwe lewe. As jy nie van die sagte brandrissiesmaak hou nie, kan jy dit los.
6 takkies kruisement
60 ml olyfolie
45 ml rooiwynasyn
1 rooi brandrissie, fyngekap
sap en skil van 2 suurlemoene
sout en varsgemaalde swartpeper
1⁄2 waatlemoen, geskil en in groot blokke gesny
6 fetawiele, in blokkies gebreek
Plaas die kruisement, olie, rooiwynasyn, brandrissie en suurlemoensap en -skil in ’n elektriese menger en puree dit teen ’n hoë spoed tot ’n gladde mengsel. Geur goed met sout en peper. Meng die waatlemoen- en fetablokkies saam. Plaas in ’n groot slaaibak en gooi die kruisementsous oor. Sit voor.
WENK: Hou jy dalk nie van kruisement se mentsmaak nie? Vervang dit dan met vars basiliekruid. Dit smaak ewe lekker. Jy kan ook so ’n hand of twee dennepitte in ’n pan bruin rooster en dit saam met die basiliekruid puree – dis dan amper ’n pesto