Foto: Donna Lewis
Ons het my 21ste verjaardag met so ’n toring gevier. Dis baie retro, maar tog so feestelik! Grawe diep agter in jou kas na al jou ou vonkelwynglase. As jy nie ’n toring wil bou nie, is dit nog steeds lekker om vonkelwyn met sorbet voor te sit.
Genoeg vir 6 persone
1 liter vrugtesorbet van jou keuse
175 g bessies van jou keuse
2 x 750 ml-bottels goeiegehalte-vonkelwyn (natuurlik sal sjampanje keuse nommer een wees!)
Skep balle sorbet in elke glas en verdeel die bessies daartussen. Stapel bo-op mekaar en gooi koue vonkelwyn in die glase. Sit dadelik voor.
WENK: Sou daar dalk ná ’n feesviering ’n halwe bottel vonkelwyn oorbly, kan jy die borrels langer laat hou deur ’n teelepel onderstebo in die bek van die bottel te plaas. Hou die bottel so koud moontlik in jou yskas vir môre se fees!