Resep: Varkworsies en pere in mosterdsous gebak

Foto: Donna Lewis


Daar is sekere dinge in die lewe waaroor jy nie hoef te dink nie; jy moet dit net eenvoudig doen. Dié varkworsiegereg is een van daardie dinge. Jou gesin sal vir ewig daarvoor vra!

Genoeg vir 6 persone

2 uie, in skywe gesny
4 knoffelhuisies, fyngekap 12 varkworsies
4 pere, in kwarte gesny
45 ml olyfolie
45 ml korrelmosterd
250 ml appelsap
3 takkies tiemie, fyngekap
sout en varsgemaalde swartpeper

Verhit die oond tot 200 °C. Plaas die uie en knoffel in die oond se roosterpan. Pak die worsies en pere bo-op. Meng die olyfolie, mosterd, appelsap en tiemie saam. Gooi oor die worsies. Geur goed met sout en peper. Plaas in die warm oond en bak 20–25 minute of tot die wors goudbruin en gaar is. Sit warm voor.

WENK: As jy voel jy wil graag stysel by die worsies eet, kan jy klein baba-aartappels halveer en dit saam met die worsies bak.