Foto: Michael le Grange
'n Herman Lensing-resep
Genoeg vir 4
600 g varkfilet
115 g (125 ml) botter
1 cm- stuk gemmer, fyn gerasper
2 gekapte knoffelhuisies
sap en gerasperde skil van 1 suurlemoen
100 ml soet brandrissiesous
500 ml witrys
1 hand vars koljander, fyngekap
Sny varkfilet op in skywe van 2 cm. Ryg op 4 kebab-stokkies en pak in bak. Geur met sout en peper. Smelt botter, gemmer, knoffelhuisies, sap en gerasperde skil van 1 suurlemoen en soet brandrissiesous 1 minuut lank saam. Gooi oor kebabs. Verhit braaipan tot warm oor hoë hitte, haal kebabs uit marinade en braai sowat 3-4 minute per kant of tot goudbruin en gaar. Net voor kebabs gaar is, skep die bottermarinade in warm pan en skud pan heen en weer tot kebabs bedek is. Maak rys gaar volgens instruksies op pak. Meng koljander deur rys en skep rys op dienbord. Sit kebabs bo-op en gooi pansous oor.