Uie gevul met rys en roomsous

Foto: Michael le Grange


Gevulde uie is 'n gereg goed genoeg vir 'n koningstafel.

Genoeg vir 6-8

8 lekker groot vet uie, ongeskil
100 g (110 ml) botter, gesmelt
2 knoffelhuisies, fyngekap
200 g varkworsvleis, uit die derm gehaal
150 ml gaar Spekko Saman White Long Grain Rice
3 takkies tiemie, fyngekap
100 g vars broodkrummels
sout en varsgemaalde swartpeper
1 hand vol Italiaanse pietersielie, fyngekap

Roomsous
500 ml room
50 ml parmesaankaas, gerasper
2 naeltjies
sout en varsgemaalde swartpeper
2 takkies tiemie

Bring ’n groot pot met water tot kookpunt en dompel uie met skil en al in water. Kook 8 minute. Dreineer en laat afkoel. Sny bo- en onderkante van uie af – steeds met die skil aan (ons gaan die skil regdeur aanlos). Gebruik ’n teelepel om die binneste deel van elke ui los te maak – laat sowat 3 lae uie aan die buitekant en haal die binnekant uit. Plaas die binnekante van die uie in ’n voedselverwerker en kap fyn. Meng gekapte ui met botter, knoffel, worsvleis, gaar uie, tiemie en die helfte van die broodkrummels. Geur goed met sout en peper. Verhit oond tot 180˚C. Pak die buitekante van die uie op ’n oondroosterplaat en vul elkeen met ui-en-worsiemengsel – skep dit lekker vol. Meng oorblywende broodkrummels met pietersielie en skep lepels vol bo-op vulsel. Bak 30 minute in warm oond. Terwyl uie bak maak sous: plaas al die sous bestanddele in mediumgroot pot en kook tot romerige sous vorm, sowat 10-12 minute. Sit uie warm as bykos voor met roomsous.