Foto: Donna Lewis
Ek het ’n suikertand. Kry ek die geringste kans om nagereg te maak, dan doen ek dit! Hier is my weergawe van trifle.
Genoeg vir 6 persone
1 x 280 g-madeirakoek
60 ml madeirawyn of enige ander soetwyn soos sjerrie
500 ml goeiegehalte-winkelvla
250 g vars bessies van jou keuse
1 x 360 g-blik karamelkondensmelk
250 ml dik room
Sny die koek in 1 cm-skywe en verdeel dit tussen 6 glase van jou keuse – of jy kan een groot bak maak. Sprinkel ’n bietjie madeirawyn oor. Verdeel die vla tussen die glase. Strooi vervolgens die bessies oor, en skep ’n lepel vol karamel in elke glas. Rond af met een groot skep dik room. Sit voor.
WENK: Trifle hoef nie ’n deurmekaar gemors te wees nie. Ek verkies om vir elke gas ’n eie porsie te maak en só te vermy dat ’n groot bak op die tafel kom wat net mooi lyk wanneer dit neergesit word.