Herman Lensing
Het jy al tasselvleis geproe? Party mense noem dit sommer ‘ore’, maar glo my, dit smaak baie beter as wat dit klink! Dis een van die Kalahari se oudste vleistradisies en die geheim lê daarin dat die vleis eers gepekel en gehang word voordat dit op die kole beland. Kom ek wys jou hoe ons dit voorberei.
Genoeg vir 6-8
Vleis
2kg FLM beef roast
125 ml bruinasyn
45 ml Worcestershire-sous
Speserymengsel
45 g koljandersaad
50 g growwesout
50 g bruinsuiker
30 ml varsgemaalde swartpeper
5 ml koeksoda
Hout of kole vir braai
Sny die dystuk in dik repe van sowat 5 cm elk (sny dit dikker as gewone biltong).
Pak die repe in ’n nie-metaalbak en besprinkel dit met die asyn en Worcestershire-sous.
Rooster of skroei die koljandersaad in ’n warm pan vir 1-2 minute of tot geurig en stamp of maal dit dan fyn.
Meng dit met die res van die bestanddele vir die speserymengsel in ’n mengbak.
Besprinkel die repe vleis egalig met die speserymengsel en plaas dit dan oornag op ’n koel plek.
Hang die “biltong” op ’n geskikte plek en laat dit vir 24 uur effe droog word.