Tandoori hoender

Foto: Michael le Grange


Dis geen geheim dat ek graag kortpad kies in die kombuis nie. Vir hierdie hoendergereg koop ek die klaar bereide tandoori speserye pasta sommer in die supermark.

Genoeg vir 4-6

45 ml olyfolie
l ui, gekap
2 knoffelhuisies, gekap
30 ml vars gemmer, fyngerasper
100 g pakkie tandoori speserye mengsel
2 x 410 g-blikke klappermelk
sap en gerasperde
skil van 2 suurlemoene
sout en varsgemaalde swartpeper
hand vol koljander
250 ml Spekko Saman Brown Long Grain Rice
12 hoenderstukke

Verhit oond tot 180 °C. Maak olyfolie warm in groot pot en roerbraai ui, knoffel, gemmer en tandooripasta 1 minuut. Voeg klappermelk, water, en sap en skil van suurlemoen by. Geur goed met sout en peper. Laat kook 3 minute en roer nou en dan. Roer koljander deur. Gooi rys in oondrooster pan en pak hoenderstukke bo-op. Geur goed met sout en peper. Gooi sous oor. Plaas bakplaat in oond en bak 45 minute, skep elke nou en dan van die sous in die pan oor die hoender. Skep gaar hoender en rys op opdienbord en sit voor met komkommer in blokkies gesny.