Tamatieslaai

Foto: Michael le Grange


Het jy geweet dat malvaplante uit die Karoo kom? Dis uniek aan ons land. Die geur van roosmalva is iets wat perfek met tamaties werk.

Genoeg vir 6-8 persone

125 ml rooiwynasyn
12 roosmalvablare
45 ml korrelmosterd
1 x 2 cm-stuk gemmer, fyngerasper
45 ml heuning
100 ml olyfolie
12 klein mozzarella-balle
1 rooi-ui, in skywe gesny
600 g kersietamaties, gehalveer
sout en varsgemaalde swartpeper

Bring asyn tot kookpunt en voeg malvablare by. Laat kook 1 minuut en verwyder van hitte. Laat afkoel tot koud. Haal blare uit. Klits gegeurde asyn, mosterd, gemmer, heuning en olyfolie met draadklitser. Pak mozzarella-balle en uie in Kerskransvorm op slaaibord. Pak tamaties bo-op. Skep slaaisous oor en garneer met ekstra malvablare. Geur goed met sout en peper. Sit voor.