Foto: Michael le Grange
Genoeg vir 4
115 g tamatiepasta
2 liter kookwater
45 ml olyfolie
1 ui, fyngekap
2 knoffelhuisies, fyngekap
1 duimnael-grootte stuk gemmer, fyngerasper
360 g (500 ml) Spekko Saman White Long Grain Rice
250 ml witwyn
250 ml room
sout en varsgemaalde swartpeper
500 g kersietamaties, gehalveer
hand vol basiliekruidblare
Bring tamatiepasta en water tot kookpunt in aparte pot. Hou tamatiewater eenkant warm. Verhit olyfolie tot warm in groot pot. Voeg ui, knoffel, gemmer en Spekko Saman White Long Grain Rice by. Roerbraai 1-2 minute of tot ui begin verbruin. Gooi wyn by en roer tot wyn weggekook het. Gooi 500 ml tamatiewater by rys en meng deur. Maak pot toe en laat kook 5 minute of tot rys vloeistof geabsorbeer het. Herhaal met res van tamatiewater, 500 ml op ’n slag. Sodra al die vloeistof geabsorbeer is en rys byna deurgaar is, voeg melk by en bring tot kookpunt terwyl jy roer. Hou aan kook vir ’n paar sekondes of tot romerige mengsel vorm. Proe en geur met sout en peper. Skep in opdienbak en pak kersietamaties bo-op. Sprinkel vars basiliekruid oor en sit voor.