Spaanse tamatie-bruschetta

Foto: Michael le Grange


Hierdie broodjies is een van my troefkaarte wanneer ek ligte, vars Kersfees-spyskaarte aanmekaar sit. Die geheim is die botter waarin jy die brood braai.

Genoeg vir 6-8

6 groot rosa-tamaties
30 ml olyfolie
30 ml rooiwynasyn
2 knoffelhuisies, fyngekap
2 cm-stuk vars gemmer, fyngerasper
sout en varsgemaalde swartpeper
115 g (125 ml) botter
16 snye ciabatta

Halveer tamaties en krap sade en pitte uit. Gebruik ’n skerp mes om tamaties in blokkies te sny. Plaas in mengbak en sprinkel olyfolie, rooiwynasyn, knoffel en gemmer oor. Geur met sout en peper. Verhit botter. Braai die snye brood aan weerskante tot goudbruin. Dreineer brood op kombuispapier. Skep tamatiemengsel bo-op en sit voor.