Steurgarnaalkelkie

Foto: Michael le Grange


Die kenteken van die 1970’s! My kelkie is nuut en vars, met ’n peperwortel- mayonnasie wat jy self maak – maar dis baie maklik.

Genoeg vir 6 persone

4 eiergele
45 ml dijonmosterd
1 knoffelhuisie, baie fyn gekap
350 ml kanola-olie
sap en gerasperde skil van
1 suurlemoen
60 ml geroomde peperwortel (horseradish cream) – kyk op die pesto-rak
sout en varsgemaalde swartpeper
36 steurgarnaalsterte, doppe verwyder en skoongemaak
slaaiblare van jou keuse vir voorsit

Plaas eiergele, mosterd, knoffel en olie in glasmaatbeker met ’n volume van 500 ml. Plaas staafmenger in mengsel op bodem van beker. Skakel aan en lig stadig uit beker. Mayonnaise sal vorm soos die menger boontoe beweeg. Voeg suurlemoensap en -skil en peperwortel by. Meng deur. Geur baie goed met sout en peper. Bring groot pot met water tot kookpunt en dompel garnale in kookwater. Kook vir 5–8 minute of tot gaar. Dreineer en laat afkoel. Meng koue garnale met mayonnaise. Verdeel slaaiblare tussen kelkies van jou keuse. Skep garnale bo-op en sit voor.