Foto: Michael le Grange
Genoeg vir 4
1 groot lendeskywe (sirloin steaks)
3 takkies roosmaryn, fyngekap
2 knoffelhuisies, fyngekap
300 g bruin sampioene, gehalveer
410 g-blik wit bone, gedreineer
150 ml Basmati rys
150 ml kookwater
250 ml room
45 ml witwynasyn
50 g parmesaankaas, fyngerasper
30 ml Olyfolie
sout en varsgemaalde swartpeper
Verhit oor hoë hitte ’n groot kleefvrye pan van sowat 25 cm in deursnee. Gooi ’n groot skeut olyfolie in pan. Plaas steak in pan en geur met sout en peper. Braai steak sowat 2-3 minute per kant vir mediumgaar of langer as jy dit gaarder verkies. Haal steak uit pan en plaas eenkant. Gebruik dieselfde pan en voeg roosmaryn, knoffel en sampioene by. Braai 2-3 minute of tot sampioene verbruin. Voeg bone, rys, water en room by, meng deur en bring tot kookpunt. Laat kook 2-3 minute, verwyder van hitte en roer parmesaan by. Geur goed met sout en peper. Plaas steak terug in pan en laat staan in warm sous vir 1 minuut. Sny steak in repies en sit voor.