Foto: Michael le Grange
Hoekom moet springmielies altyd sout wees? Probeer hierdie soet sjokoladestrooisel saam met jou mielies. genoeg vir 12 Gebruik kanola-olie en skiet spring- mielies volgens aanwysing op die pakkie. Meng met ontbytgraan- vlokkies. Plaas in groot glasflesse. Meng versiersuiker en kakao saam. Skep oor springmielies. Sit voor.
Genoeg vir 12
250 ml kanola-olie
6 x 500 g-sakke Biggi springmieliepitte
3 x 350 g-bokse gekleurde ontbyt-graanvlokkies (Bv Froot Loops)
1 x 750 g-sak versiersuiker
1 x 175 g-sak kakaopoeier
Gebruik kanola-olie en skiet springmielies volgens aanwysing op die pakkie. Meng met ontbytgraan- vlokkies. Plaas in groot glasflesse. Meng versiersuiker en kakao saam. Skep oor springmielies. Sit voor.