Resep: Spaanse hoendergebak

Foto: Michael le Grange


Hierdie hoender met sy kleurvolle sous kuier gereeld op my tafel. Die ingemaakte soetrissies is die geheim tot sy geur.

Genoeg vir 4-6

1 heel hoender
250 ml rou SPEKKO ROYAL UMBRELLA JASMINE RICE
225 g chorizo-wors, in ringe gesny
2 uie, grof gekap
3 knoffelhuisies
8 tamaties, grof gesny
500 ml hoenderaftreksel
2 x 280 g ingemaakte soetrissie in olie, gedreineer en fyn gekap
olyfolie vir braai
sout en vars gemaalde swartpeper

Verhit oond tot 180 C. Gebruik ’n kombuisskêr en knip die rugbeen van die hoender los. Draai die hoender om en vou die boude en dye na buite. Gebruik handpalm en druk hoender plat. Gooi rys in oondroosterbak. Plaas plat hoender in oondroosterbak bo-op rys met velkant na bo. Pak chorizo-ringe rondom hoender. Meng res van bestanddele saam en gooi oor die hoender. Sprinkel bietjie olyfolie oor hoender, geur goed met sout en peper. Maak bak toe met tinfoelie en rooster toe vir 20 minute. Maak hoender oop en rooster verder vir nog 20 minute of tot hoender goudbruin braai. Sit warm voor met stysel van jou keuse.