Foto: Michael le Grange
Sit steak bietjie op 'n anderste manier voor!
Genoeg vir 4
2 groot sirloinsteaks
3 takkies roosmaryn, fyngekap
2 knoffelhuisies, fyngekap
300 g bruin sampioene, gehalveer
410 g-blik wit bone, nie gedreineer nie
250 ml gaar SPEKKO INDIA GATE BASMATI RICE
45 ml witwynasyn
50 g parmesaankaas, fyngerasper
olyfolie
sout en varsgemaalde swartpeper
Verhit oor hoë hitte ’n groot kleefvrye pan van sowat 25 cm in deursnee tot warm. Gooi ’n groot skeut olyfolie in pan. Plaas steak in pan, geur met sout en peper en braai steak sowat 2-3 minute per kant vir mediumgaar of langer as jy dit gaarder verkies. Haal steak uit pan en plaas eenkant. Gebruik dieselfde pan en voeg roosmaryn, knoffel en sampioene by. Braai 2-3 minute of tot sampioene verbruin. Voeg bone met sous in blik en asyn by asook gaar rys, meng deur en bring tot kookpunt. Laat kook 2-3 minute, verwyder van hitte en roer parmesaan by. Geur goed met sout en peper. Plaas steak terug in pan en laat staan in warm sous vir 1 minuut. Sny steak in repies en sit voor.