Soetrissies gevul met rys

Foto: Michael le Grange


Dis een van daardie resepte wat baie grênd lyk, maar eintlik baie eenvoudig is!

Genoeg vir 4

1 ui, fyngekap
2 knoffelhuisies, fyngekap
500 g bees maalvleis
250 ml gaar SPEKKO SAMAN WHITE RICE
410 g-blik gekapte tamaties
4 soetrissies, bokante afgesny en sade en pitte uitgekrap
100 g mozarellakaas, gerasper
olyfolie
sout en vars gemaalde swartpeper

Verhit oond tot 180 C. Verhit ’n groot skeut olyfolie in middelslagpot tot warm oor hoë hitte. Voeg uie, knoffel en maalvleis by en roerbraai vir 5-8 minute of tot maalvleiskorrels los en bruin is. Voeg tamatie by, geur goed met sout en peper en meng deur. Laat kook vir 5 minute. Voeg rys by en meng deur. Plaas soetrissies op bakplaat. Sny klein stukkie van soetrissies se onderkant af as hulle sukkel regop te bly, maar nie heeltemal regdeur sodat onderkant oop is nie. Skep maalvleisvulsel in soetrissies. Maak hulle lekker vol. Sprinkel kaas oor. Plaas in warm oond en bak vir 15 minute of tot kaas goudbruin is. Sit warm voor met slaai van jou keuse.