Foto: Donna Lewis
Die gerookte snoek wat ons deesdae in ons supermarkte kry, is hemels. Dis propvol geur, so jy hoef nie veel te doen om dié patee na iets te laat smaak nie. Dis hoe jy dit voorsit wat jou fênsie gaan laat lyk!
400 g gerookte snoek, gevlok
1 x 250 ml-houer roomkaas
2 sprietuie, fyngekap
2 knoffelhuisies, fyngekap
1 rooi brandrissie, fyngekap
sout en varsgemaalde swartpeper brood vir voorsit
Plaas al die bestanddele behalwe die laaste twee in ’n voedselverwerker en puree dit teen ’n hoë spoed tot ’n gladde patee. Geur goed met sout en swartpeper. Skep in mooi bakkies en smeer gelyk. Sit voor met brood van jou keuse.
WENK: Bedien volgende keer baba- radyse saam met jou patee in plaas van brood. Sny die stingels sowat 2 cm bo elke radys af en skrop onder koue water. Die ligte pepersmaak gaan perfek saam met die patee.