Moet-maak-sambals

Foto: Donna Lewis


Sambals is soos die meisies wat op die agtergrond saamsing as die ster haar debuut maak. Dit rond alles af en sorg dat jy die kerrie nog dae daarna onthou. As dit nie daar is nie, gaan alles na niks smaak of lyk nie – net jammer gaste onthou nie altyd wie die meisies was nie!

Genoeg vir 6 persone

Uie en tamatie
rooiui, fyngekap
2 knoffelhuisies, fyngekap
350 g kersietamaties, in kwarte gesny 30 ml witwynasyn
25 g (30 ml) strooisuiker
1 hand vol vars koljander, fyngekap sout en varsgemaalde swartpeper

Meng al die bestanddele saam en geur goed met sout en swartpeper. Sit voor.

Komkommer en kruisement
1 (sowat 400 g) komkommer, in blokkies gesny
1 hand vol vars kruisement, grofgekap 1 rooi brandrissie, fyngekap
250 ml Bulgaarse jogurt
sout en varsgemaalde swartpeper

Meng al die bestanddele saam en geur goed met sout en swartpeper. Sit voor.

Piesang en klapper
4 piesangs, in skyfies gesny
250 ml Bulgaarse jogurt
1 rooi brandrissie, fyngekap
sap en skil van 1 suurlemoen
125 ml fyn klapper, bruin gerooster in ’n droë, warm pan
sout en varsgemaalde swartpeper

Meng al die bestanddele saam en geur goed met sout en swartpeper. Sit voor.