Rysviskoekies met groensous

Foto: Michael le Grange


Genoeg vir 4

30 ml botter
1 ui, fyngekap
2 knoffelhuisies, fyngekap
400 g gerookte snoek, grate verwyder en baie fyn gevlok
4 takkies tiemie, fyngekap
250 ml gaar Spekko Rice White Long Grain Rice
50 ml koekmeel
2 eiers
sout en varsgemaalde swartpeper
100 g droë broodkrummels
60 ml olyfolie vir braai

Groensous
2 ansjovisfilette
1 x 60 g-bakkie Italiaanse pietersielie
80 ml olyfolie
100 ml koue water
sap en gerasperde skil van 2 suurlemoene

Verhit botter in middelslagpot tot warm. Voeg ui en knoffel by en braai liggies vir sowat 5 minute of tot begin verkleur. Voeg uiemengsel by gevlokte snoek, tiemie, Spekko Saman White Long Grain Rice, meel en 1 eier in mengbak. Geur met sout en peper en meng goed saam. Vorm koekies in happiegrootte balletjies of die grootte van jou keuse. Klits orige eier in ’n vlak bak. Doop koekies in eier en rol in broodkrummels. Maak groensous so: Plaas ansjovis, pietersielie, olyfolie, water, sap en skil van suurlemoen in voedselverwerker. Pols tot gladde puree. Geur met sout en peper. Verhit olyfolie in middelslagpan tot warm. Vlakbraai koekies sowat 5-8 minute per kant of tot goudbruin en gaar. Sit warm voor saam met groensous.