Rys en sagte eiers met 'broth'

Foto: Michael le Grange


Hierdie gereg betower jou met sy smelt-in-die-mond tekstuur, sodat jy bang is die bord raak leeg.

Genoeg vir 4-6

20 ml sesamolie
2 knoffelhuisies, gekap
2 cm vars gemmer, gerasper
15 ml miso-pasta
2 liter hoenderaftreksel
80 g droë sjiitake-sampioene
1 brandrissie, fyngekap
60 ml ligte sojasous
6 eiers
250 ml Spekko Saman White Long Grain Rice
4 koppe pak choi, gestoom vir 1 minuut

Verhit olie in ‘n groot pot tot warm. Voeg knoffel, gemmer en miso by. Roerbraai vir 2-3 minute of tot geurig. Voeg hoenderaftreksel en sampioene by. Roer deur en bring tot kookpunt. Kook vir 20-25 minute of tot geurig. Gooi die mengsel deur ‘n sif, bring aftreksel weer tot kookpunt en voeg brandrissie en sojasous by. Bring pot met water tot kookpunt en kook eiers vir 6 minute vir sagte eiers. Laat afkoel en dop af. Maak rys gaar volgens aanwysings op pakkie. Plaa sin diebord. Halveer eiers en pak bo-op saam met gaar pak choi. Skink warm broth oor en sit voor.