Foto: Michael le Grange
Genoeg vir 4-6
Genoeg vir 4-6
400 g forelfilette
2 cm vars gemmer, fyngerasper
2 knoffelhuisies, fyngekap
60 ml soet sojasous
30 ml olyfolie
sout en varsgemaalde swartpeper
260 g-bottel basiliekruidpesto
125 ml ongegeurde jogurt
100 ml koue water
sap en gerasperde skil van
1 suurlemoen
350 ml gaar witrys
410 g-blik kekerertjies, gedreineer
Verhit oond tot 180 °C. Plaas forel velkant na onder op ’n kleefvrye bakplaat. Meng gemmer, knoffel, sojasous en olyfolie. Giet oor forel en plaas in warm oond vir 10-15 minute of tot vis gaar is (vis is gaar wanneer dit maklik vlok). Terwyl vis bak, meng pesto, jogurt, water, suurlemoensap en -skil saam vir sous. Gebruik vurk en roer rys tot korrels lekker los is. Haal vis van bakplaat af (die vel sal vassit aan die plaat) en vlok in growwe stukke in ’n mengbak. Voeg gaar rys en kekerertjies by en meng liggies deur. Keer uit op dienbord en skep basiliekruidsous oor. Sit voor.