Rys-hamburger

Foto: Michael le Grange


Ja, jy kan ook hamburgers maak met rys. Ek maak klein burgers of beter bekend as "sliders".

Genoeg vir 6-8

1 ui, baie fyn gekap
2 cm-stuk vars gemmer, fyngerasper
2 knoffelhuisies, fyngekap
60 ml soet sojasous
1 brandrissie, fyngekap
500 ml gaar Spekko Saman White Long Grain Rice
sout en varsgemaalde swartpeper
24 snye beleë cheddar-kaas
12 klein hamburgerrolletjies, oopgesny
mayonnaise vir voorsit

Meng ui, gemmer, knoffel, soja, rissie, eier, helfte van koekmeel en rys. Geur goed met sout en peper. Gebruik iets soos roomyslepel of 80 ml maatkoppie en skep porsies van die rymengsel op bak-plaat. Vorm in patties met jou hande. Vries vir 2-3 ure. Doop gevriesde patties in meel, dan in eier en laaste in broodkrummels. Verhit oond tot 180 °C. Pak patties op oondrooster plaat en bak vir 10-12 minute of tot goudbruin en gaar. Pak onderkant van broodrolletjies op bakplaat en plaas helfte van kaasnye op broodjies, gevolg deur patty. Plaas tweede kaassny bo-op, gevolg deur boonste helfte van broodjies. Plaas in warm oond vir 5 minute of tot kaas gesmelt is. Sit voor met mayonnaise.