Roosmaryn-frikkadelle in tamatiesous op spaghetti

Foto: Donna Lewis


Alles-in-een- pangereg. Die tamatiesous vorm soos die frikkadelle gaar word. Eenvoudig hemelse trooskos!

Genoeg vir 6 persone

1 ui, fyngekap
2 knoffelhuisies, fyngekap
1 x 250 g-pakkie spek, fyngekap
500 g maer maalvleis
2 eiers
2 takkies roosmaryn, fyngekap
sout en varsgemaalde swartpeper
250 ml rooiwyn
1 x 200 g-blik tamatiepasta
1 x 400 g-blik tamaties
1 x 400 g-pak spaghetti
50 g parmesaan, fyngerasper

Verhit die oond tot 220 °C. Meng die ui, knoffel, spek, maalvleis, eiers en roosmaryn in ’n groot mengbak. Geur goed met sout en peper. Vorm frikkadelle so groot soos jy verkies en pak dit in ’n diep oondroosterbak. Meng die rooiwyn, tamatiepasta en geblikte tamaties saam. Gooi bo-oor die frikkadelle. Plaas in die oond en bak 15–20 minute of tot die frikkadelle gaar is. Terwyl die frikkadelle bak, kook die spaghetti volgens die aanwysings op die pak. Dreineer en sit warm saam met die frikkadelle en parmesaan voor.