Roos-vonkelwynpons

Foto: Michael le Grange


Soet, vroulik en gesellig.

Genoeg vir 6-8 persone

80 ml roosstroop
60 ml gin
300 ml tonikum
750 ml goeie vonkelwyn, yskoud

Verdeel roosstroop en gin tussen glase van jou keuse. Voeg tonikum by en meng deur. Skink vonkelwyn by en sit voor.