Roomys met sjokoladesous

Foto: Donna Lewis


Ek het ’n grootword- herinnering van goedkoop roomys wat eintlik na niks smaak nie, met lepels vol van tannie Magda se sjokoladesous. Dit was die sous, Tannie, nie die roomys nie, wat my keer op keer teruggenooi het!

Genoeg vir 6 persone

200 g goeie heuning-nougat, ryspapier afgehaal en grofgekap
200 g donker sjokolade, grofgekap
1 x 250 ml-houer room
1 liter goeiegehalte- vanieljeroomys
1 x 150 g-bottel maraschino- kersies

Plaas die nougat, sjokolade en room in ’n middelslagpot. Bring tot kookpunt oor lae hitte terwyl jy heeltyd met ’n houtlepel roer. Laat effens afkoel. Skep balle roomys in opdienbakkies en sit voor met die sjokoladesous en kersies.

WENK: Die meeste handge- maakte nougats is bedek met ryspapier wat nie so lekker smelt nie. Trek dit af om te voorkom dat dit klontjies in die sous vorm.