Vyfminuut-mango-en-grenadellaroomys

Foto: Donna Lewis


Ja, jy kan roomys binne minute maak; al wat jy nodig het, is ’n voedselverwerker.

Genoeg vir 6

1 x 500 g-sak bevrore mangostukke
125 ml dubbeldik room
1 x 115 g-blik grenadellamoes
50 g (60 ml) strooisuiker
6 roomyshorinkies

Plaas al die bestanddele behalwe die roomyshorinkies in ’n voedselverwerker. Puree dit teen ’n hoë spoed tot ’n dik roomysmengsel. Skep lepels vol van die roomys op die horinkies en sit voor.

WENK: Jy kan die mangostukke vervang met enige ander bevrore vrugte, soos bessies. Sodra die roomys klaar gemaak is, kan jy dit in ’n roomysbak plat smeer en bevries tot heeltemal gestol. Keer dit uit op ’n opdienbord vir ’n kortpad-roomyskoek.