Plat lamsboud van die vuur af

Herman Lensing


Vir my is ’n lamsboud oor die kole een van daai disse wat mense altyd bymekaar bring. Hierdie een kry hope geur en is perfek vir ’n tafel soos vandag s’n.

Genoeg vir 6-8

2 kg FLM butterflied classic leg of lamb garlic & herb butter
3 ml swartpeperkorrels
5 ml pienkpeperkorrels
10 ml vinkelsaad
5 ml koljandersaad
10 ml gerookte paprika
90 ml olyfolie
30 ml rooiwynasyn
1 handvol Italiaanse pietersielie, fyngekap
4 knoffelhuisies, fyngekap
2 rooi brandrissies, fyngekap
sap en gerasperde skil van 2 lemoene
sout en varsgemaalde swartpeper

Hout of kole vir braai

Sous
500 ml volroomjogurt
45 ml tahinipasta (sesamsmeer, kyk by jou supermark se gesondheidsrak)
sap en gerasperde skil van 2 lemoene
1 handvol vars koljander, fyngekap

Vou lamsboud oop waar die been uitgehaal is.
Gebruik nou skerp mes en sny van middel van boud na kante halfpad in die boud in, maar moenie regdeur sny nie, jy wil die boud oopvlek sodat hy ewe dik regdeur is.
Plaas peperkorrels, vinkel en koljander in braaipan en rooster droog oor hoë hitte tot koljandersade skiet, sowat 1-2 minute.
Plaas in vyselstamper en maak bietjie fyner.
Meng speserye met paprika, olyfolie, asyn, pietersielie, knoffel, rissie, sap en suurlemoenskil.
Plaas oopgevlekte lamsboud in glasbak of emaljebak en smeer die boud reg rondom met die olie en speserymengsel. Geur goed met sout en peper.