Piesangbrood

Herman Lensing


Dié sagte piesangbrood is ’n heerlike manier om ryp piesangs te gebruik. B

genoeg vir 2 brode of 16 snye

180 ml melk
115 g (125 ml) botter
300 g (375 ml) strooisuiker
275 g (490 ml) bruismeel
2 eiers
‘n knippie sout
4 ryp piesangs
2 ml koeksoda
5 ml witasyn

Verhit die oond tot 190 ºC. Spuit 2 broodpanne van 20 cm by 12 cm met kleefwerende kooksproei. Verhit die melk en botter saam in ‘n middelslagpot tot gesmelt. Meng die meel en suiker in ‘n groot mengbak. Klits die eiers en sout in ‘n aparte bak saam tot skuimerig. Druk die piesangs goed fyn, voeg by die eiers en meng. Roer die eiermengsel by die meelmengsel, voeg die melkmengsel by en vou dit in tot ‘n slap beslag gevorm het. Meng die koeksoda en asyn saam en roer dit laaste by die beslag in. Verdeel die beslag tussen die voorbereide panne. Bak die brood vir 25 minute, verstel die oond se hitte na 180 ºC en bak nog 20–25 minute totdat ‘n toetspen skoon uitkom. Keer dit op ‘n draadrak uit en laat afkoel.