Foto: Michael le Grange
As jy my grootwordkontrei ken, sal jy weet hoe geil pekanneute gesaai is. Hierdie rysdis is geïnspireer deur ’n klassieke pilau.
Genoeg vir 6-8
45 ml olyfolie
1 klein ui, gekap
2 stingels seldery, gekap
15 ml swartuiesaad
500 ml langkorrelrys
1 liter aftreksel van jou keuse
sout en varsgemaalde swartpeper
100 g pekanneute, fyngekap
100 g droëvye, fyngekap
Verhit olyfolie in groot pot tot warm. Voeg uie, seldery, uiesaad en rys by. Roerbraai tot uie begin verbruin. Voeg aftreksel by en geur goed met sout en peper. Kook 15–20 minute of tot rys al die vloeistof geabsorbeer het. Verwyder van hitte en roer neute en droëvye by. Skep in opdienbak en sit voor.