Foto: Donna Lewis
Jy kan baie van dié Switserse ontbytgereg maak en dit vir so 5 dae in jou yskas hou. Dis maklik, regtig vinnig en word nie gekook nie. Pas die geur aan by die vrugte wat in seisoen is.
Genoeg vir 6 persone
180 g (500 ml) hawermout
125 ml appelsap
500 ml framboosjogurt
4 appels, grofgerasper
175 g vars frambose (raspberries)
1 x 100 g-sakkie neute van jou keuse
heuning vir voorsit
Meng die hawermout, appelsap, jogurt en appels saam in ’n middelslag- mengbak. Laat 10 minute in jou yskas staan. Skep in ’n opdienbak en gooi die frambose en neute oor. Sit voor met heuning.