Genoeg vir 8
Ek het hierdie resep die eerste keer op Twitter by @HermanLensing gedeel. Dis so belaglik kort dat ek intussen ander weergawes gemaak het. Die kern van die resep bly egter die maklikheid en vinnigheid daarvan – glo my, jy sal dit weer en weer wil maak!
Genoeg vir 8
600 g (500 ml) sjokoladesmeer (Nutella)
4 eiers
120 g (215 ml) koekmeel
250 g vars of bevrore frambose
Verhit die oond tot 180 °C. Meng die sjokoladesmeer, eiers en koekmeel saam tot glad. Voer ’n 30 x 12 cm-losboomkoekpan met bakpapier uit en spuit dit met kleefwerende kossproei. Gooi die mengsel in die pan
en skep die bessies oor. Bak 25–30 minute of tot gestol. Laat afkoel en keer uit. Sny in skywe en sit voor.