Foto: Michael le Grange
Wat is nou beter op ’n soel Kersdag as yskoue gemmerbier? Ek maak van hom ’n lekker mengeldrankie. Dié klassieke drankie word gewoonlik met gemmerlim gemaak, maar probeer dit met ’n Karoo- lekkerte: gemmerbier!
Genoeg vir 10-12
1 kg gebreekte ys
1 liter gemmerbier
250 ml vodka
200 ml lemmetjiesap
gerasperde skil van 4 lemmetjies
Plaas ys in glase van jou keuse en gooi ’n skeut vodka en lemmetjiesap in elke glas. Sprinkel ’n knippie lemmetjieskil in elke glas. Vul met gemmerbier en roer liggies. Sit voor.