Foto: Michael le Grange
'n Herman Lensing-resep
Genoeg vir 6
8 skorsies, gehalveer en pitte uitgekrap
20 ml olyfolie
200 g spekblokkies
1 ui, fyngekap
410 g blik geroomde mielies
250 ml gaar Spekko Rice India Gate Basmati Long Grain White Rice
Sout en varsgemaalde swartpeper
100 g broodkrummels
50 g parmesaankaas, gerasper
Bring pot met water tot kookpunt en dompel skorsies in water. Kook tot sag en gaar, sowat 10 minute. Dreineer. Verhit oond tot 180 C. Verhit olyfolie tot warm in braaipan en voeg spek en uie by en braai vir 3-5 minute of tot spek begin verbruin. Voeg geroomde mielies en rys by en meng deur. Geur goed met sout en peper. Plaas skorsies op oondroosterplaat en verdeel die mengsel tussen die holtes van die skorsies. Meng broodkrummels en kaas saam. Skep bo-op skorsies. Plaas in oond en bak vir 10-15 minute of tot goudbruin. Sit voor.