Foto: Donna Lewis
Dié een wil een of twee skeutjies brandewyn hê!
Genoeg vir 6 persone
1 liter vanieljeroomys
60 ml baie sterk koffie
250 ml melk
100 g donker sjokolade, gesmelt
Plaas die roomys, melk en koffie in die beker van ’n voedselverwerker en pols teen ’n hoë spoed tot ’n gladde mengsel (of gebruik ’n stokmenger). Verdeel die sjokolade tussen 6 glase en gooi die melkskommel daarby. Sit voor met strooitjies.
Wenk: Omdat koffie en sjokolade sulke perfekte kos-pasmaats is, kan
jy die vanieljeroomys met donkersjokolade- roomys vervang.