Mascarpone-en-perske-pizza

Foto: Donna Lewis


Eintlik is dié een maar net ’n persketert. Sit dit voor met goeiegehalte- vanieljevla of roomys van jou keuse.

Genoeg vir 6 persone

1 x 400 g-rol blaardeeg, oornag in jou yskas ontdooi
1 x 250 g-houer mascarpone- kaas
10 ml vanieljegeursel
105 g (125 ml) strooisuiker
4 perskes, ontpit en in kwarte gesny
50 g (60 ml) bruinsuiker 1 liter roomys
500 ml vanieljevla

Verhit die oond tot 220 °C. Voer ’n bakplaat met bakpapier uit en spuit dit goed met kleefwerende kossproei. Rol die blaardeeg daarop uit en sny in ’n groot sirkel – gebruik ’n onderstebo bord as gids om jou te help. Meng die mascarpone, vanielje en strooisuiker saam. Skep bo-op die deegsirkel en versprei eweredig met die agterkant van ’n eetlepel. Pak die perskes bo-op en strooi bruinsuiker oor. Plaas in die warm oond en bak 15–20 minute of tot goudbruin en gaar. Sit voor met roomys en vla.