Foto: Donna Lewis
Die meeste moeite is die meringue bo-op. Jy kan dit seker maar ’n trifle noem wat sy lyf meringue hou.
genoeg vir 6 persone
1 x 250 g-houer mascarpone
1 vanieljepeul, oopgesny en saadjies uitgekrap
1 x 280 g-madeirakoek, in 1 cm dik skywe gesny
1 x 300 ml-bottel suurlemoensmeer (lemon curd)
2 eierwitte
210 g (250 ml) strooisuiker
Meng die mascarpone en vanieljesaadjies tot ’n gladde mengsel. Verdeel tussen 6 glasbakkies van jou keuse – ek gebruik whiskeyglase sodat jy die lagies mooi kan sien. Plaas twee skywe koek bo-op. Verdeel die suurlemoensmeer tussen die glase. Klits die eierwitte met ’n elektriese handklitser tot sagte punte vorm. Gooi die suiker geleidelik by terwyl jy aanhou klits tot blink en styf. Skep lepels vol van die meringue bo-op elke glas en brand bruin met ’n kombuis-blaasvlam. Sit voor.