Macaroon-en-roomys-sundae

Foto: Donna Lewis


Die klein Franse juwele 'macaroons' is deesdae meer algemeen beskikbaar.

Genoeg vir 6 persone

125 ml room
1 x 100 g-plak donker sjokolade, grofgekap
1 liter vanieljeroomys
1 x 100 g-sakkie pistasieneute, grofgekap
18 macarons van jou keuse

Bring die room tot kookpunt, gooi dit oor die gekapte sjokolade en roer tot ’n gladde sous. (As die sjokolade weg van die hitte af nie heeltemal wil smelt nie, roer dit oor lae hitte tot gesmelt. Wees net versigtig dat dit nie aanbrand nie.) Skep balle roomys in glase van jou keuse en strooi die neute oor. Verdeel die macarons tussen die glase en gooi die sjokoladesous oor. Sit voor.

WENK:
Gee jou sous anderste lewe deur so 100 g goeiegehalte-fudge fyn te krummel en dit by te roer net voor jy die sous oor die roomys gooi. As jy nie fudge kan kry nie, kan jy so twee of drie druppels karamelgeursel byroer.