Foto: Michael le Grange
Hierdie slaai smaak op sy beste as dit 24 uur in yskas gestaan het.
Genoeg vir 6-8 persone
125 ml jogurt
45 ml goeie mayonnaise
sap en skil van 2 suurlemoene
15 ml dijonmosterd
’n hand vol dille, fyngekap
’n hand vol pietersielie, fyngekap
sout en varsgemaalde swartpeper
3 blikke kekerertjies, gedreineer
2 selderystingels, in repies gesny
1 rooi-ui, baie fyn gekap
Meng jogurt, mayonnaise, suurlemoensap en -skil, mosterd, dille en pietersielie saam. Geur goed met sout en peper. Plaas res van bestanddele in slaaibak. Gooi sous oor en meng deur. Proe en pas geurmiddels aan. Sit voor.