Lamstjops gebak met soetpatats

Foto: Donna Lewis


Patats is een van die knolgroentes wat baie vinnig gaar word – en dis net waarvoor lam vra! In die Kalahari waar ek grootgeword het, kry jy nog steeds die lam met die meeste geur, of so glo ek!

Genoeg vir 6

6 klein soetpapats, gehalveer
60 ml heuning
4 knoffelhuisies, fyngekap
40 g (45 ml) botter, gesmelt
2 takkies tiemie, fyngekap
12 lamstjops
4 takkies roosmaryn, grofgekap
sap en skil van 1 suurlemoen
sout en varsgemaalde swartpeper
1 x 100 g-pakkie gevlokte amandels
1 x 250 g-houer crème fraîche

Verhit die oond tot 220 °C. Plaas die patats, heuning, knoffel, botter en tiemie in ’n middelslag-oondroosterbak. Pak die tjops bo-op en sprinkel die roosmaryn en suurlemoensap en -skil oor. Geur goed met sout en swartpeper. Bedek met tinfoelie en bak 20 minute. Haal die tinfoelie af en bak onbedek nog 10 minute of tot die patats sag en gaar is. Sit warm voor met gevlokte amandels en crème fraîche.

WENK: Hou jou oë by die supermark oop vir lamstjops wat nog aan mekaar vas is (lamsribstuk); só rooster jy al die tjoppies sommer saam