Oondgebraaide lamsboud met kruisement-aïoli

Foto: Michael le Grange


Ek maak lamsboud soos die Franse: jy braai hom net tot ligpienk aan die binnekant. Die geheim is om die vleis te laat rus voor jy dit sny.

Genoeg vir 6-8 persone

4 uie, in skywe gesny
1 groot lamsboud, aan die been met skenkel aan
4 knoffelhuisies, gehalveer
115 g (125 ml) sagte botter
6 takkies roosmaryn, fyngekap
1 bos tiemie, fyngekap
500 ml lams- of beesaftreksel
sout en varsgemaalde swartpeper

AÏOLI
250 ml goeie mayonnaise
2 knoffelhuisies, fyngekap
2 takkies kruisement

Verhit oond tot 180 ̊C. Pak uie op bodem van oondroosterpan. Plaas boud bo-op uie met velkant na bo. Gebruik ’n skerp mes om 8 gate in die boud te steek. Druk ’n halwe knoffelhuisie in elke gat. Meng botter en kruie. Smeer oraloor boud. Gooi aftreksel in pan. Geur vleis goed met sout en peper. Bedek pan met foelie en rooster vleis vir 1 uur. Verwyder foelie en rooster vir nog 1 uur.

AÏOLI
Terwyl lam rooster, plaas bestanddele vir aïoli in voedselverwerker en pols teen hoë spoed tot gladde mengsel. Haal lam uit oond en laat 10 minute op werkvlak rus. Plaas op opdienbord en skep aïoli oor. Sit voor.