Lam-satés met komynrys

Foto: Donna Lewis


Kebabs was nog nooit so glansryk nie! Die rys is lekker geurig en werk hemels saam met kerries en bredies. Probeer dit; dis een van daai moet-maak-resepte.

genoeg vir 6 persone

500 g lamsblokkies
6 hout-kebabstokkies
80 ml soet sojasous
45 ml olyfolie
2 rooi brandrissies, fyngekap
1 duimgrootte stuk gemmer, gerasper 2 knoffelhuisies, fyngekap
sap en skil van 2 suurlemoene
sout en varsgemaalde swartpeper
40 g (45 ml) botter
30 ml heel komynsaad
250 ml langkorrelrys
500 ml hoenderaftreksel

Ryg die lamsblokkies op die kebabstokkies. Meng die soja, olyfolie, brandrissies,gemmer, knoffel en suurlemoensap
en -skil saam. Plaas die kebabs in ’n plat glasbak en gooi die sous daaroor. Geur goed met sout en swartpeper.
Laat dit marineer terwyl jy die rys maak: Verhit die botter in ’n middelslagpan tot goed warm. Voeg die komyn en rys by en roerbraai 2–3 minute of tot die rys begin verbruin. Gooi die aftreksel by en verlaag die hitte. Laat 10–12 minute stadig prut of tot die rys gaar is. Geur goed met sout en peper. Terwyl die rys kook, maak die kebabs gaar: Verhit ’n riffelpan oor hoë hitte tot rook letterlik daaruit trek. Braai die kebabs sowat 5 minute per kant of tot mediumgaar. Jy kan dit langer braai as jy dit verkies. Sit die kebabs met die rys voor.

WENK: Maak die gereg ekstra spesiaal deur ’n hand vol of twee granaatpitte oor te gooi. Dit lyk baie mooi en gee ook ek