Lam op koring gebak

Foto: Michael le Grange


Soos die lam gaar word, absorbeer die koring die sap van die vleis en word dit ’n romerige risotto-agtige gereg.

Genoeg vir 6-8 persone

150 g (250 ml) koring
1 lamsboud met skenkel aan
30 ml fyn koljander
sout en varsgemaalde swartpeper
60 ml rooiwynasyn
2 liter beesaftreksel

GROENSOUS
2 anjovisfilette
1 x 30 g-bakkie Italiaanse pietersielie
blare van 4 roosmaryntakkies
45 ml sjerrie-asyn
80 ml olyfolie
sap en gerasperde skil van 2 suurlemoene

Verhit oond tot 180 ̊C. Plaas koring in groot oondroosterpan. Plaas lamsboud bo-op koring. Gebruik ’n skerp mes om 5 diep snye in die vleis te maak. Sprinkel koljander, sout en peper oor vleis. Sprinkel asyn oor. Gooi aftreksel in die pan en maak pan dig toe met tinfoelie. Rooster 2 uur of tot lam goudbruin en gaar is – kyk elke nou en dan of daar genoeg vloeistof in die pan is en gooi ’n bietjie kookwater by indien nodig.

Groensous Terwyl lam rooster, maak groensous só: Plaas al die sousbestanddele in voedselverwerker en verpulp tot glad. Geur met sout en peper. Haal pan uit oond en plaas lamsboud op ’n bord. Roer koring deur en skep uit op opdienbord. Plaas lam bo-op en skep groensous oor. Sit voor.