Krummelhoender

Foto: Donna Lewis


Amerikaanse kos is nie hoog op my prioriteitslys nie, maar hul gebraaide karringmelkhoender is gereeld op my tafel. Dit smaak glad nie soos die hoender van die bekende kitskoskettinggroep nie. Nee, dis smullekker en die soort kos wat jy elke dag wil eet maar nie eintlik mag nie!

Genoeg vir 6

4 hoenderboude
4 hoenderdye
45 ml gerookte paprika
250 ml karringmelk
4 knoffelhuisies, fyngekap
sout en varsgemaalde swartpeper
200 g dröe broodkrummels
70 g (125 ml) koekmeel
2 eiers, geklits
sonneblomolie vir diepbraai

Plaas die hoenderstukke in ’n groot bak. Meng die papri- ka, karringmelk en knoffel saam. Gooi oor die hoender en maak seker alles is reg rondom bedek. Geur goed met sout en peper en plaas in die yskas vir 1 uur. Haal die hoender uit die mengsel en krap die meeste van die karringmelk af. Plaas die broodkrummels en koekmeel in ’n groot plastieksak. Doop die hoenderstukke een-een in geklitste eier, sit in die sak en skud goed tot dit oraloor met krummels bedek is. Verhit die oond tot 180 °C. Verhit genoeg olie vir diepbraai in ’n groot pot tot matig warm. Plaas die hoender daarin en braai 20–25 minute of tot goudbruin en bros. Dreineer, plaas in ’n oon- droosterbak en steek vir 15 minute in die warm oond om regdeur gaar te word. Sit warm voor met koolsaai.