Foto: Michael le Grange
Genoeg vir 6-8
Maak baie van die balletjies en hou dit in jou vrieskas. Wanneer jy vinnig iets moet optower, diepbraai die balletjies. Dis nie nodig om dit eers te ontdooi nie.
30 ml botter
1 ui, fyngekap
2 knoffelhuisies, fyngekap
400 g gerookte snoek, grate verwyder en baie fyn gevlok
4 takkies tiemie, fyngekap
50 ml koekmeel
2 eiers
sout en varsgemaalde swartpeper
100 g droë broodkrummels
Hollandaise
3 eiergele
45 ml dijonmosterd
500 g-blok botter, gesmelt (dit moet vuurwarm wees)
Sap engerasperde skil van 1 suurlemoen
Sap en gerasperde skil van 2 rooi pomelo’s
2x 270g-bosse vars aspersies
60 ml olyfolie vir braai
250 ml gaar Spekko Saman White Long Grain Rice
Verhit botter in middelslagpot tot warm. Voeg ui en knoffel by en braai liggies vir sowat 5 minute of tot begin verkleur. Voeg uiemengsel by gevlokte snoek, tiemie,, meel en 1 eier in mengbak. Geur met sout en peper en meng goed saam. Vorm koekies in happiegrootte balletjies of die grootte van jou keuse. Klits orige eier in ’n vlak bak. Doop koekies in eier en rol in broodkrummels.
Maak hollandaise so: Plaas eiergele in bekermenger en voeg mosterd by. Skakel menger aan en gooi warm botter geleidelik by terwyl menger loop. Voeg sap en skil van suurlemoen en pomelo’s by en verwerk. Geur goed met sout en peper. Hou eenkant terwyl jy pot met water tot kookpunt bring. Dompel aspersies in water vir 1 minuut en dreineer. Verhit olie vir braai in middelslagpan tot warm. Vlakbraai koekies sowat 5-8 minute per kant of tot goudbruin en gaar.
Skep rys en aspersies op dien bord. Pak koekies bo-op en skep hollandaise oor. Sit warm voor.